
Jan Brand

Oefen Jou Brein
14:30 Friday
Oefen Jou Brein / train your brain is a programme that focus on the development of children. The programme believes the more you exercise your brain the smarter you will be. It focus on the various areas development giving information on the area and what parents can do practically to stimulate their children.
About Valenzia Born again child of God. Qualified Speech-Language Therapist. Employed at the Overberg Education District. Passionate about learner and parent empowerment. Through my work I believe I spread the word of Jesus Christ - Valenzia

Focus on the Family

Kenneth Copeland Ministries
Adventure Odyssey
The Gospel Truth - Andrew Wommack
9am, 10am Sunday
9pm Monday - Thursday
Teaching God's Unconditional Love and Grace

Oom Karoolus en Lente

Maroela Media - Briekaandraai
Starting Monday August 31st at 16:30 hrs Monday to Friday with 10:30 repeats plus omnibus sat 15:30 hrs and repeated also at 20:30 hrs
Wat gebeur wanneer ʼn slaperige dorpie aan die voet van ʼn berg sy eie private radiostasie kry en die pad wat deur die dorp loop boonop verlê word? Gaan die inwoners afgesluit raak van die buitewêreld, of gaan hierdie nuwe inisiatief, en ander spanningsvolle gebeure, die gemeenskap laat wakker skrik?
Otto Marais (Anton Dekker)
Hy is die onsimpatieke en gedrewe redakteur van Windhond, die plaaslike koerant, wat sy personeel tot die uiterste dryf om die beste stories te kry en die nuwe, opkomende radiostasie te troef. Hy is baie geheg aan Elfra van Staden, die adjunk-redakteur wat die koerant destyds saam met hom oorgeneem en gered het. Hy is genadeloos en onsimpatiek, maar iewers skuil daar tog ʼn goeie mens in hom, al is dit moeilik om by dié mens uit te kom.
Elfra van Staden (Bettie Kemp)
Sy is ʼn joernalis van formaat wat voorheen, saam met Otto, by ander groot koerante gewerk het, maar besluit het op ʼn rustiger bestaan op die platteland. Sy misgis haar egter met al die intriges wat rondom haar afspeel. Sy is adjunk-redakteur van Windhond en was tevore verlief op Otto toe hulle saam studeer het. Tans fokus sy net op haar werk, maar wanneer die radiostasie haar ʼn pos aanbied, versuur dit haar verhouding met die redakteur en die koerant. Sy probeer kalmte na die dorp bring en poog altyd om die vrede handhaaf, maar geen goeie daad bly ongestraf op Porseleinberg nie.
Wessel Vorster (Luan Jacobs)
Hierdie jong en ambisieuse omroeper begin die radiostasie Briekaandraai FM met die hulp van ʼn ander jong omroeper, Corlia Lemmer, op wie hy verlief raak. Hy maak vinnig vyande in die gemeenskap wanneer hy krap waar hy nie moet nie, maar hy is vasbeslote om die radiostasie te vestig en Windhond se personeel af te rokkel sodat die koerant dermate verswak dat Briekaandraai FM uiteindelik die enigste bron van nuus sal wees. Hy is ʼn romantiese en uitgesproke joernalis/omroeper wat vir geen duiwel stuit nie. Sy swakplek is sy ongeduld en voortvarendheid.
Corlia Lemmer (Izel Bezuidenhout)
Sy het kommunikasiekunde geswot en gryp die geleentheid aan om ʼn radiostasie saam met Wessel te begin aangesien uitsaai nog altyd haar grootste ambisie was. Maar in haar verlede is daar die sjarmante Wolfgang Jordaan, een van haar lektore. Wanneer hy haar weer opspoor, begin sy swig voor sy mag en sjarme, en moet uiteindelik kies tussen die radiostasie en die geleenthede wat hy haar bied. Sy het ʼn vriendelike geaardheid, maar kan baie gou van deuntjie verander wanneer sy bedreig word. Sy lyk maar net so oulik en vrolik. Agter daardie uiterlike skuil ʼn vrou van staal.
Slaptjip Salamander (Antowan Nöthling)
Hierdie platjie met sy skeermesmond en blitsige sin vir humor werk in die hart van die dorp by die Kolwyntjie-tuisnywerheid. Hy loop egter familieprobleme op die lyf wanneer sy familie uit die Kaap by hom en sy ma en boeties en sussies kom bly, met die gevolg dat hy vir almal moet help sorg. Niemand verlaat Kolwyntjie ooit sonder om te skater vir Slaptjip se op die oog af skadelose doen en late nie. Maar ʼn neef wat onverwags saam met die familie opdaag het ʼn geheim wat dreig om die hele familie te laat ontspoor.
Tannie Dottie Duvenhage (Ria Smit)
Sy is ʼn weduwee wat al sedert haar jong dae op Porseleinberg woon en het talle mense sien kom en gaan. Sy betreur onder meer die afskaling van die platteland en doen alles in haar vermoë om die dorp weer lewe te gee – iets wat onverwags amper hande uitruk wanneer die radiostasie daar open. Sy bestuur die tuisnywerheid al jare, en ná haar man se dood is sy alleen in beheer. Sy is geneig om te veel te praat terwyl die wag voor haar mond op ʼn sloerstaking is, wat haar dikwels in die moeilikheid laat beland. Sy is vrolik, vriendelik met die nuwe mense op die dorp, wil altyd alles van almal weet, en beheer die baksters met ʼn ferm hand – wat haar soms ongewild maak.
Melissa Taljaard (Helena Hettema)
Sedert die onverwagse dood van haar dogter, Mari, het Melissa ʼn soort kluisenaar geword. Wanneer die twee omroepers by haar opdaag en vra of hulle die ongebruikte deel van die huis in hul radiostasie kan omskep, rebelleer sy. Maar dan onthou sy van haar dogter se drome en ambisie, en besef sy sal die radiostasie moontlik moet akkommodeer. Sy word gesien as hooghartig, is baie lief vir haar taal en raak soms net te hebbelik wanneer sy almal in die dorp probeer beheer ten koste van hul privaatheid.
Wolfgang Jordaan (Stephan Vermaak)
Dié sjarmante sakeman daag een dag uit die bloute op die dorp op en begin geboue opkoop. Sy eerste bydrae tot die dorp se ekonomie is die gimnasium wat hy begin en wil bestuur. Maar hy het ander planne waarvan niemand op die dorp weet nie. Niemand verstaan hom nie en mense raak vreemd paniekerig en onrustig in sy geselskap. Dit blyk dat hy en die jong Corlia mekaar voorheen geken het en dat hy ʼn vreemde houvas op haar het. Dra hy regtig die inwoners se belange op die hart of is hy om ander redes daar?
Die skrywer
Leon van Nierop is bekend as resensent, skrywer, regisseur, lektor en omroeper. Hy hetgesorg vir verskeie treffer-radioverhale soos Wolwedans in die skemer asook vir
televisiereekse en romans. Hy het twee rolprente op sy kerfstok en was vervaardiger van Ballade vir ʼn enkeling. Hy was ook die hoof van die TUT-rolprentskool en het vir 25 jaar daar klas gegee.
Die regisseur/vervaardiger
Bettie Kemp is ʼn ervare radiodramavervaardiger en regisseur van enkeldramas en reekse. Sy is ʼn bekroonde radiodramaskrywer en werk as aktrise en nuusleser op televisie.
Opname en tegniese versorging: Marius Vermaak, Maroela Media

Psalms

Sports with Gareth Burley
The Third Umpire (Cricket) on Mondays
The Drivers Seat (Motor Sports) Tuesdays
Up and Under (Rugby) Wednesdays
Off Side (Football) Thursdays
Games Show (Mixed Sport) Fridays

Planet Sport football Africa
I’m Steve Vickers welcoming you to the PLANET SPORT FOOTBALL AFRICA show on Gateway Radio 89.6 every Saturday morning at 0900.
This is a show all about Africans playing elite football both on the continent and in the major football leagues around the world.
We keep you up to date with your favourite teams and African players in the English Premier League, the African major competitions of CHAN and AFCON and the development of football in your country.
Correspondents and reporters from various parts of Africa and the UK contribute to the weekly show bringing to you the ups and downs of life in football and in the life of the professional footballer.
You can become part of the weekly programme with others as we include Social Media response in each show.
This is PLANET SPORT FOOTBALL AFRICA brought to you by PASSION FOR SPORT www.planetsport.tv

Bets Janse van Rensburg or Bennie Meyer
Devotional

Uit en Tuis

Koffie Kuier
Coming soon... Presenter to Be Announced